Wys tans plasings met die etiket huis. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket huis. Wys alle plasings

Sondag 04 September 2016

Malelane

My siel vind rus waar die mense-miernes grens

Aan olifant-buurt en soet tendens.

Laggend-stil dryf my gedagtes ver oor Krokodil kronkeldraaie

En die wildsbokke se watergatpaaie.

Laatmiddag roep 'n witkop-koning my tuis:

Anderkant seekoei se bad, dáár lê my huis!

Net 'n sifdraad tussen my voorstoep en die hel -

En dit is my hemel, kom muskiete, kruipende ongediertes of son fel.