Jy klop aan my deur.
Eenkant staan jou ysterperd
getrou
en wag geduldig
`n gevaarlike belofte
-versoeking
onweerstaanbaar in hierdie nag
`n kragtige vibrasie onder my
jou warm lyf voor my
-onaantasbaar
ek, jy en masjien
een
ons lê om die draaie
sny die hoeke
moor die myle
een vir een -
tyd staan stil...
totdat die wiele ophou draai.
ek is verlore.
Die stilte is skielik
oorverdowend
maar storms woed in my kop
en my hart
in die donker voel ek kaal
Die maan loer deur `n skeur
vermiste sinkplate
en verrotte dakbalke
onleesbare woorde maak
donker vlekke teen
die alreeds vuil mure
Jou rookwalms verdwyn na bo
-soos my gebede-
maar die reuk kleef aan jou
en aan my
Ek beef
(nie van koue nie)
maar jy vou my toe
in jou swart leerbaadjie
en sê niks
die donker voel
soos `n muur tussen
my en jou
jou oë is te swart;
te seker...
"Die keuse is joune."
ja, die keuse is myne.
onskuldig of ingelig.
onskuld of kennis.
onskuld of lewenservaring.
My kop raak stil.
My hart is seker.
Jy het geklop
en ek het oopgemaak
met `n rede
Sondag 31 Desember 2017
Naak voor jou, vir jou
blink-oog,
-soos die ligspikkels wat skitter-
wys ek vir jou
my hart.
Al wat ek kan gee
is my menswees;
my suiwer vrouwees.
Ek gee vir jou
die sleutel
om my kersies
een
een
te laat brand
-soos die kaggel wat flikker-
Veilig by jou:
warm, sag...
Ek maak jou deel
van my menswees...
van my vrouwees.
Jy ken my hart,
my drome:
Sonder maskers,
pretensie...
naak in my menswees
naak in my vrouwees
sonder woorde
Naak voor jou
Vir jou.
Maandag 25 Desember 2017
Dolfyn
Dit het begin met wiskunde
en koffie laat nag
en liedjies sing
en gesels en baie lekker lag
Miskien was ons net moeg,
maar die maskers het verdwyn
toe word ons gou vriende
en jy word my Dolfyn
Dolfyn, Dolfyn,
Jy's my meds vir die pyn,
my stand up comedy
as my glimlag begin te kwyn
My wegkruipplek as my moed begin te daal
en as ek kop verloor is jy die een wat my varkies vir my gaan haal
Wat jy als vir my beteken
los my dikwels heel verstom
Jou maniere, jou vriendskap
sal maak dat ek altyd terug wil kom
vir nog 'n koffie
nog 'n kuier
tot laat in die nag
nog 'n movie
nog gesels en
nog baie lekker lag!
Dolfyn, Dolfyn,
yster en satyn
onder daai harde skil
is jou hartjie eintlik klein
Jy's my persoonlike canvas
my persoonlike lyfwag
ek's jou sielkundige
jou mal vriendin
Wat wil kom kuier elke dag
Met 'n koffie in die hand
en die son wat verdwyn
sit ons op die stoep
terwyl die daglig wegkwyn
Dan vertel jy nog 'n storie
en ons albei begin te lag-
hierdie is herinneringe
wat ek bêre vir my oudag...
en koffie laat nag
en liedjies sing
en gesels en baie lekker lag
Miskien was ons net moeg,
maar die maskers het verdwyn
toe word ons gou vriende
en jy word my Dolfyn
Dolfyn, Dolfyn,
Jy's my meds vir die pyn,
my stand up comedy
as my glimlag begin te kwyn
My wegkruipplek as my moed begin te daal
en as ek kop verloor is jy die een wat my varkies vir my gaan haal
Wat jy als vir my beteken
los my dikwels heel verstom
Jou maniere, jou vriendskap
sal maak dat ek altyd terug wil kom
vir nog 'n koffie
nog 'n kuier
tot laat in die nag
nog 'n movie
nog gesels en
nog baie lekker lag!
Dolfyn, Dolfyn,
yster en satyn
onder daai harde skil
is jou hartjie eintlik klein
Jy's my persoonlike canvas
my persoonlike lyfwag
ek's jou sielkundige
jou mal vriendin
Wat wil kom kuier elke dag
Met 'n koffie in die hand
en die son wat verdwyn
sit ons op die stoep
terwyl die daglig wegkwyn
Dan vertel jy nog 'n storie
en ons albei begin te lag-
hierdie is herinneringe
wat ek bêre vir my oudag...
Sondag 03 Desember 2017
Harts-taal
`n see van emosies
opgesluit in `n taal
`n woud vol herinneringe
wat die struktuur bepaal
windrigtings van verbeelding
vir `n woordeskat so ryk
die vuur van vrouwees
as alfabet gebruik!
soos eksotiese linne
in my siel ingeweef
met `n patroon wat ontwikkel
soos wat ek leef
goue drade van passie met vuur gedoop
tussen rooi drade van liefde
en blou drade van hoop.
die sintaksisbos se takke
sal my lewenspad aanwys
sy sade en vrugte
padkos vir die reis
die blare is geleenthede
om na die sterre te reik!
sy wortels sal keer
dat my waardes my ontwyk
`n kosbare skat
van ongekende waarde
enig in sy soort op die hele ganse aarde
`n persoonlike kompas in my hart geleë
wat aan my verbeelding
vrye teuels gee!
letters. woorde. sinne.
`n onblusbare vuur wat brand
in my hart, siel en gees
my persoonlikheid en verstand
iets wat ek nooit teen sal stry-
die stem van die vrou binne my...
opgesluit in `n taal
`n woud vol herinneringe
wat die struktuur bepaal
windrigtings van verbeelding
vir `n woordeskat so ryk
die vuur van vrouwees
as alfabet gebruik!
soos eksotiese linne
in my siel ingeweef
met `n patroon wat ontwikkel
soos wat ek leef
goue drade van passie met vuur gedoop
tussen rooi drade van liefde
en blou drade van hoop.
die sintaksisbos se takke
sal my lewenspad aanwys
sy sade en vrugte
padkos vir die reis
die blare is geleenthede
om na die sterre te reik!
sy wortels sal keer
dat my waardes my ontwyk
`n kosbare skat
van ongekende waarde
enig in sy soort op die hele ganse aarde
`n persoonlike kompas in my hart geleë
wat aan my verbeelding
vrye teuels gee!
letters. woorde. sinne.
`n onblusbare vuur wat brand
in my hart, siel en gees
my persoonlikheid en verstand
iets wat ek nooit teen sal stry-
die stem van die vrou binne my...
Vrydag 01 Desember 2017
Hole in one
Grrrs-grrrs-grrrs
'n sagte murmurering
trek deur die skare.
Asem in.
Asem uit.
De-doef.
Lug grou,
gras vol dou
Vroegoggend briesie…
Asem in.
Asem uit.
De-doef. De-doef.
Bokmakierie! Bokmakierie!
Kriek-kriek… Kriek-kriek…
Voetjie-voetjie
Haak wysvinger en pinkie
knieë net effens gebuig
Asem in.
Asem uit.
De-doef, de-doef,
Koer-koer… Koer-koer
Twiek-twiek-twiek-twiek
Stilte.
De-doef-de-doef
Oë gefokus.
Skare stil.
Die oomblik het aangebreek.
Asem in.
De-doef-de-doef de-doef
Swooooooeeeeesssss!!!
Kliep.
Donk.
Asem uit.
De-doef, de-doef,
Bokmakierie! Bokmakierie!
Kriek-kriek… Kriek-kriek…
Koer-koer...koer-koer...
Twiek-twiek-twiek-twiek
Asem in.
Asem uit.
De-doef. De-doef.
En die skare juig!
Asem in.
Asem uit.
De-doef.
Grrrs-grrrs-grrrs…
'n sagte murmurering
trek deur die skare.
Asem in.
Asem uit.
De-doef.
Lug grou,
gras vol dou
Vroegoggend briesie…
Asem in.
Asem uit.
De-doef. De-doef.
Bokmakierie! Bokmakierie!
Kriek-kriek… Kriek-kriek…
Voetjie-voetjie
Haak wysvinger en pinkie
knieë net effens gebuig
Asem in.
Asem uit.
De-doef, de-doef,
Koer-koer… Koer-koer
Twiek-twiek-twiek-twiek
Stilte.
De-doef-de-doef
Oë gefokus.
Skare stil.
Die oomblik het aangebreek.
Asem in.
De-doef-de-doef de-doef
Swooooooeeeeesssss!!!
Kliep.
Donk.
Asem uit.
De-doef, de-doef,
Bokmakierie! Bokmakierie!
Kriek-kriek… Kriek-kriek…
Koer-koer...koer-koer...
Twiek-twiek-twiek-twiek
Asem in.
Asem uit.
De-doef. De-doef.
En die skare juig!
Asem in.
Asem uit.
De-doef.
Grrrs-grrrs-grrrs…
Tango
Ek dans hierdie dans
meegesleur in emosie
vat ek 'n kans
en laat hom toe
om my te lei
op tempo
in pas
op 'n loopgang.
Vingers saamgevleg
lei hy die weg
en ek volg,
oë toe,
maar nie blindelings nie.
Sy hand op my rug
-onmoontlik om te vlug-
verseker van hom.
Veilig by hom?
So word ons deur
die musiek gedra -
tree vir tree
maak ons die dans klaar
op tempo
in pas
op 'n loopgang.
Jy dans met haar
en draai by ons verby
ons oë sluit
en vir 'n oomblik
dans ek met jou
en jy dans met my
op 'n afstand
veilig
stil
-'n gesteelde oomblik
wat 'n honger leemte vul-
jy kyk weg.
Sy asem speel in my nek
sy hartklop word een
met myne.
Jy dans met haar.
Ek is syne
en ons dans tot op die einde
op tempo
in pas
op 'n loopgang.
meegesleur in emosie
vat ek 'n kans
en laat hom toe
om my te lei
op tempo
in pas
op 'n loopgang.
Vingers saamgevleg
lei hy die weg
en ek volg,
oë toe,
maar nie blindelings nie.
Sy hand op my rug
-onmoontlik om te vlug-
verseker van hom.
Veilig by hom?
So word ons deur
die musiek gedra -
tree vir tree
maak ons die dans klaar
op tempo
in pas
op 'n loopgang.
Jy dans met haar
en draai by ons verby
ons oë sluit
en vir 'n oomblik
dans ek met jou
en jy dans met my
op 'n afstand
veilig
stil
-'n gesteelde oomblik
wat 'n honger leemte vul-
jy kyk weg.
Sy asem speel in my nek
sy hartklop word een
met myne.
Jy dans met haar.
Ek is syne
en ons dans tot op die einde
op tempo
in pas
op 'n loopgang.
Woensdag 03 Mei 2017
Eva
Vanaand sit ek, Eva,
voor my vriend van ivoor en snaar.
Ek wil speel, ek wil skep,
maar die wysie is net nie daar.
Pen en papier lê eenkant vergete -
die woorde bly afwesig...
Voor my venster staan ek, Eva,
in die middernagtelike ure
en soek vertroosting in koffie bitter, swart
maar vanaand vind ek die bekoring
gelykstaande
aan dié van my vier kaal mure -
ek voel 'n leemte...
Op en af stap ek, Eva,
soekend na iets na niks
versigtig om die spieël te vermy
want in hom ontbloot 'n broeiende blik
bestand teen logika en sin
gevaarlik,
'n protes teen die onrus...
Hier lê ek, Eva,
die plafon lyk bleek
en die ertjie steek tussen my blaaie
Rus is waar jou hart is
en vanaand, liewe Eva,
loop jou hart vreemde draaie.
Teken in op:
Plasings (Atom)
