Benodighede:
- Stukkie afvalhout
- Tou
- Lint
- Magneet
- Knope
- Gom
- Skêr
Metode:
- Smeer die houtblokkie met gom en plak die lint eerste
- Smeer die res van die hout met gom
- Plak die tou op die gesmeerde houtblokkie, sodat dit lyk asof dit net op die blokkie lê (in die patroon van jou keuse). Werk vanaf buite na binne
- Plak die knopies op die lint
- Plak 'n magneet agterop
Hierdie is 'n eenvoudige projek wat 'n mooi geskenk sal maak. Die tou-metode kan baie tyd vat, maar met bietjie kreatiwiteit is die moontlikhede oneindig!