Wys tans plasings met die etiket DIY. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket DIY. Wys alle plasings

Sondag 27 November 2016

Yskasmagneet

 Benodighede:

  • Stukkie afvalhout
  • Tou
  • Lint
  • Magneet
  • Knope
  • Gom
  • Skêr





























Metode:

  1. Smeer die houtblokkie met gom en plak die lint eerste 
  2. Smeer die res van die hout met gom
  3. Plak die tou op die gesmeerde houtblokkie, sodat dit lyk asof dit net op die blokkie lê (in die patroon van jou keuse). Werk vanaf buite na binne
  4. Plak die knopies op die lint
  5. Plak 'n magneet agterop
Hierdie is 'n eenvoudige projek wat 'n mooi geskenk sal maak. Die tou-metode kan baie tyd vat, maar met bietjie kreatiwiteit is die moontlikhede oneindig!









Vrydag 24 Junie 2016

Boekmerk


Hierdie is 'n eenvoudige projek wat binne 5min 
afgehandel kan word.


Benodighede

  • Tang
  • ketting
  • charms
  • silwer ringetjies
  • Boekmerkpennetjie

Metode

  • buig die ringetjies oop soos op die foto.
  • Haak die charm en die ketting.
  • Buig die ringetjie toe
  • herhaal :)

Maandag 06 Junie 2016

DIY: Decoupage Coasters

Moeilikheidsgraad: Medium
Tyd: dit vat nie so lank om te decoupage nie, maar dit vat lank om droog te word. Sit ten minste 2 dae uit vir hierdie projek.



Benodighede:


  • Plain coasters
  • Acrylic gel medium/ gel medium
  • Fotostate van jou gekose prentjies
  • Wit verf
  • Kwas
  • Opsioneel: swart verf
  • Opsioneel: vernis

Metode:

  • Let op dat die prentjies wat woorde by het, in spieëlbeeld geprint is (inverted).
  • Die oppervlak waarop die prent geplak word, moet 'n ligte kleur wees, want die Gel medium verplaas die ink vanaf die papier na die hout.
  • Ek hou van swart, so ek het die stukkies hout wat nie met die prente bedek is nie, swart geverf. Dit is opsioneel. 
  • Stukkies afval-hout werk net so goed, dis nie nodig om coasters ten duurste aan te koop nie.
  1. Verf die coasters wit en laat dit droog word.
  2. Verf 'n lagie Gel Medium oor die wit verf en plak die prentjie met die ink na onder vas.
  3. Vryf al die lugborrels uit en laat dit droog word.
  4. Wees geduldig vir hierdie stap. Maak die papier nat met 'n sponsie en vryf dit saggies sodat die papier afkom in sulke dun, opgerolde stukkies. Moenie te hard vryf nie, anders gaan die ink saam met die papier afvryf.
  5. Opsioneel: verf 'n lagie vernis oor sodat dit 'n blink afwerking het.






Saterdag 28 Mei 2016

DIY Scrunchy

Moeilikheidsgraad: Maklik
Tyd: omtrent 'n uur



Benodighede:


  • skêr
  • lighter
  • omtrent 7m lint,opgesny in stukkies van 20-25cm
  • 1m fyn tou, ook opgesny in stukkies van 20-5cm
  • 8 charms
  • haarrekkie




Metode:

  1. Brand die punte van die linte sodat dit nie uitrafel nie.
  2. Knoop die charms aan die punte van die toutjies vas
  3. Bind die linte een-een aan die rekkie vas


Maandag 16 Mei 2016

DIY Kombuisvensterblikkie

Hierdie is 'n vinnige en maklike projek wat ideaal is vir 'n moedersdaggeskenk of sommer om die kinders vir 'n rukkie lank besig te hou.

Tyd: kort - omtrent 10min
Moeilikheidsgraad: maklik

Benodighede

  • Leë tunablikkie
  • witlym
  • 23 wasgoedpennetjies
  • 'n afval stukkie lap
  • 'n stukkie kant
  • fokuspunt bv. 'n knopie of 'n blommetjie

Metode

  1. Plak die afval stukkie lap om die rand van die blikkie
  2. Steek die wasgoedpennetjies bo-oor die lap en blikkie reg in die rondte vas
  3. Plak die stukkie kant aan die onderkant van die wasgoedpennetjies vas
  4. Rond af met 'n mooi fokuspunt