Tyd: dit vat nie so lank om te decoupage nie, maar dit vat lank om droog te word. Sit ten minste 2 dae uit vir hierdie projek.
Benodighede:
- Plain coasters
- Acrylic gel medium/ gel medium
- Fotostate van jou gekose prentjies
- Wit verf
- Kwas
- Opsioneel: swart verf
- Opsioneel: vernis
Metode:
- Let op dat die prentjies wat woorde by het, in spieƫlbeeld geprint is (inverted).
- Die oppervlak waarop die prent geplak word, moet 'n ligte kleur wees, want die Gel medium verplaas die ink vanaf die papier na die hout.
- Ek hou van swart, so ek het die stukkies hout wat nie met die prente bedek is nie, swart geverf. Dit is opsioneel.
- Stukkies afval-hout werk net so goed, dis nie nodig om coasters ten duurste aan te koop nie.
- Verf die coasters wit en laat dit droog word.
- Verf 'n lagie Gel Medium oor die wit verf en plak die prentjie met die ink na onder vas.
- Vryf al die lugborrels uit en laat dit droog word.
- Wees geduldig vir hierdie stap. Maak die papier nat met 'n sponsie en vryf dit saggies sodat die papier afkom in sulke dun, opgerolde stukkies. Moenie te hard vryf nie, anders gaan die ink saam met die papier afvryf.
- Opsioneel: verf 'n lagie vernis oor sodat dit 'n blink afwerking het.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking