`n warboel emosies
herinneringe, idees
te veel om te hanteer
te min
om enigiets te wees
warrelwinde blinkers
elkeen uniek
draaiend en swaaiend
lewendig...ENERGIEK!
oorheersend, oorweldigend
Wie is die Poppemeester
wat die toutjies trek?
tog kreatief...
amper beheerbaar
...soos `n ou geroeste hek?
altyd aan die verander
ry wipplank soos die weer
SWAAR SOOS LOOD
lig soos `n veer
diep
soos die oseane
oppervlakkig soos `n modderpoel
vol glimlaggies
en trane
- alles `n aanduiding
van wie ek is
en wie
ek gaan wees...
dis uit en gewis!
Sondag 31 Desember 2017
Breek
Bou `n brug en
kom oor dit!
- makliker gesê as gedaan
dit jaag my gedagtewêreld
my drome, my gemoed...
breek my hart
oor en oor
hoe vergeet `n mens
elke glimlag en speletjie
elke gesprek en herinnering?
trane kos niks
help ook niks
die seer wil my net nie
in vrede laat nie!
Broos en Gekneus
kan ek net bêre
tussen
wolwatte en snesies
en uithaal in donker nagte
as my storms eindeloos woed
as ek my hart verloor
beheer verloor
breek
en moedeloos en weerloos
myself herinner dat more
sal die son weer skyn
more
sal die seer
verdwyn
tot die volgende nag
wat my storms weer eindeloos woed
en ek my hart verloor
beheer verloor
breek.
kom oor dit!
- makliker gesê as gedaan
dit jaag my gedagtewêreld
my drome, my gemoed...
breek my hart
oor en oor
hoe vergeet `n mens
elke glimlag en speletjie
elke gesprek en herinnering?
trane kos niks
help ook niks
die seer wil my net nie
in vrede laat nie!
Broos en Gekneus
kan ek net bêre
tussen
wolwatte en snesies
en uithaal in donker nagte
as my storms eindeloos woed
as ek my hart verloor
beheer verloor
breek
en moedeloos en weerloos
myself herinner dat more
sal die son weer skyn
more
sal die seer
verdwyn
tot die volgende nag
wat my storms weer eindeloos woed
en ek my hart verloor
beheer verloor
breek.
Bedouin
Weet jy dat jy my
Eindeloos fassineer?
My dag na dag
Net meer en meer
Interesseer?
My nader roep soos ‘n mot na ‘n vlam
Tog weghou...
Hierdie spel maak my lam!
Jou oë is uitlokkend
Twee goue woestyne
Met warrelwinde wat waai
En bewegende sandduine
Jou mond is moeilikheid:
Stil en verleidelik,
So asof jy iets weet...
Die onheilspellendheid onvermydelik
Jou wese is hier
Maar jou siel is ver
Op soek na ‘n avontuur
In ‘n wêreld sonder perke
Jou oë spreek van dinge
Wat ek wens ek kon verstaan
Jou mond ‘n uitnodiging:
Ek wil gaan waar jy gaan
Bedouin van my drome
Van jou moet ek so gou as moontlik vergeet
Bedouin van my drome
Jy’s net moeilikheid –
Ek gaan seerkry
Ek weet
Eindeloos fassineer?
My dag na dag
Net meer en meer
Interesseer?
My nader roep soos ‘n mot na ‘n vlam
Tog weghou...
Hierdie spel maak my lam!
Jou oë is uitlokkend
Twee goue woestyne
Met warrelwinde wat waai
En bewegende sandduine
Jou mond is moeilikheid:
Stil en verleidelik,
So asof jy iets weet...
Die onheilspellendheid onvermydelik
Jou wese is hier
Maar jou siel is ver
Op soek na ‘n avontuur
In ‘n wêreld sonder perke
Jou oë spreek van dinge
Wat ek wens ek kon verstaan
Jou mond ‘n uitnodiging:
Ek wil gaan waar jy gaan
Bedouin van my drome
Van jou moet ek so gou as moontlik vergeet
Bedouin van my drome
Jy’s net moeilikheid –
Ek gaan seerkry
Ek weet
Brut-Man
Miskien is dit die passie
wat soos vlamme in sy oë dans
of sy glimlag, nederig,
sonder oordeel,
tog fors.
Miskien is dit die... hardheid
waarmee hy sy teerheid vermom
Miskien is dit daardie
broeiende wil om,
ten spyte van riemtelegramme en hindernisse,
heel bo uit te kom.
Miskien is dit sy sjarme
wat hy so onbewustelik toon
Miskien is dit sy goeie dade
wat dit alles bekroon
Miskien is dit hoe hy aan my vat,
my verstaan en ken en hoor
miskien is dit daardie onvermoë
om beheer oor 'n situasie te verloor...
My swakheid lê
in 'n deel van sy manwees:
As ek vadsig teen sy borskas lê
en my wang vee
teen die stekelhaartjies in sy nek
en sandalwood en oakmoss,
laventel en jasmyn
vir my die aanduiding gee
dat sy arms is my gunsteling plek...
Dan voel ek sy hart klop
en ek ken sy krag
en ek weet wat is
sy unieke jakkalsies
wat hom pla
en steeds is hy perfek:
Hy is 'n Brut-man
en ek is stapelgek oor hom,
want hy is net soos my pa...
wat soos vlamme in sy oë dans
of sy glimlag, nederig,
sonder oordeel,
tog fors.
Miskien is dit die... hardheid
waarmee hy sy teerheid vermom
Miskien is dit daardie
broeiende wil om,
ten spyte van riemtelegramme en hindernisse,
heel bo uit te kom.
Miskien is dit sy sjarme
wat hy so onbewustelik toon
Miskien is dit sy goeie dade
wat dit alles bekroon
Miskien is dit hoe hy aan my vat,
my verstaan en ken en hoor
miskien is dit daardie onvermoë
om beheer oor 'n situasie te verloor...
My swakheid lê
in 'n deel van sy manwees:
As ek vadsig teen sy borskas lê
en my wang vee
teen die stekelhaartjies in sy nek
en sandalwood en oakmoss,
laventel en jasmyn
vir my die aanduiding gee
dat sy arms is my gunsteling plek...
Dan voel ek sy hart klop
en ek ken sy krag
en ek weet wat is
sy unieke jakkalsies
wat hom pla
en steeds is hy perfek:
Hy is 'n Brut-man
en ek is stapelgek oor hom,
want hy is net soos my pa...
Onskuldig of ingelig?
Jy klop aan my deur.
Eenkant staan jou ysterperd
getrou
en wag geduldig
`n gevaarlike belofte
-versoeking
onweerstaanbaar in hierdie nag
`n kragtige vibrasie onder my
jou warm lyf voor my
-onaantasbaar
ek, jy en masjien
een
ons lê om die draaie
sny die hoeke
moor die myle
een vir een -
tyd staan stil...
totdat die wiele ophou draai.
ek is verlore.
Die stilte is skielik
oorverdowend
maar storms woed in my kop
en my hart
in die donker voel ek kaal
Die maan loer deur `n skeur
vermiste sinkplate
en verrotte dakbalke
onleesbare woorde maak
donker vlekke teen
die alreeds vuil mure
Jou rookwalms verdwyn na bo
-soos my gebede-
maar die reuk kleef aan jou
en aan my
Ek beef
(nie van koue nie)
maar jy vou my toe
in jou swart leerbaadjie
en sê niks
die donker voel
soos `n muur tussen
my en jou
jou oë is te swart;
te seker...
"Die keuse is joune."
ja, die keuse is myne.
onskuldig of ingelig.
onskuld of kennis.
onskuld of lewenservaring.
My kop raak stil.
My hart is seker.
Jy het geklop
en ek het oopgemaak
met `n rede
Eenkant staan jou ysterperd
getrou
en wag geduldig
`n gevaarlike belofte
-versoeking
onweerstaanbaar in hierdie nag
`n kragtige vibrasie onder my
jou warm lyf voor my
-onaantasbaar
ek, jy en masjien
een
ons lê om die draaie
sny die hoeke
moor die myle
een vir een -
tyd staan stil...
totdat die wiele ophou draai.
ek is verlore.
Die stilte is skielik
oorverdowend
maar storms woed in my kop
en my hart
in die donker voel ek kaal
Die maan loer deur `n skeur
vermiste sinkplate
en verrotte dakbalke
onleesbare woorde maak
donker vlekke teen
die alreeds vuil mure
Jou rookwalms verdwyn na bo
-soos my gebede-
maar die reuk kleef aan jou
en aan my
Ek beef
(nie van koue nie)
maar jy vou my toe
in jou swart leerbaadjie
en sê niks
die donker voel
soos `n muur tussen
my en jou
jou oë is te swart;
te seker...
"Die keuse is joune."
ja, die keuse is myne.
onskuldig of ingelig.
onskuld of kennis.
onskuld of lewenservaring.
My kop raak stil.
My hart is seker.
Jy het geklop
en ek het oopgemaak
met `n rede
Naak voor jou, vir jou
blink-oog,
-soos die ligspikkels wat skitter-
wys ek vir jou
my hart.
Al wat ek kan gee
is my menswees;
my suiwer vrouwees.
Ek gee vir jou
die sleutel
om my kersies
een
een
te laat brand
-soos die kaggel wat flikker-
Veilig by jou:
warm, sag...
Ek maak jou deel
van my menswees...
van my vrouwees.
Jy ken my hart,
my drome:
Sonder maskers,
pretensie...
naak in my menswees
naak in my vrouwees
sonder woorde
Naak voor jou
Vir jou.
Maandag 25 Desember 2017
Dolfyn
Dit het begin met wiskunde
en koffie laat nag
en liedjies sing
en gesels en baie lekker lag
Miskien was ons net moeg,
maar die maskers het verdwyn
toe word ons gou vriende
en jy word my Dolfyn
Dolfyn, Dolfyn,
Jy's my meds vir die pyn,
my stand up comedy
as my glimlag begin te kwyn
My wegkruipplek as my moed begin te daal
en as ek kop verloor is jy die een wat my varkies vir my gaan haal
Wat jy als vir my beteken
los my dikwels heel verstom
Jou maniere, jou vriendskap
sal maak dat ek altyd terug wil kom
vir nog 'n koffie
nog 'n kuier
tot laat in die nag
nog 'n movie
nog gesels en
nog baie lekker lag!
Dolfyn, Dolfyn,
yster en satyn
onder daai harde skil
is jou hartjie eintlik klein
Jy's my persoonlike canvas
my persoonlike lyfwag
ek's jou sielkundige
jou mal vriendin
Wat wil kom kuier elke dag
Met 'n koffie in die hand
en die son wat verdwyn
sit ons op die stoep
terwyl die daglig wegkwyn
Dan vertel jy nog 'n storie
en ons albei begin te lag-
hierdie is herinneringe
wat ek bêre vir my oudag...
en koffie laat nag
en liedjies sing
en gesels en baie lekker lag
Miskien was ons net moeg,
maar die maskers het verdwyn
toe word ons gou vriende
en jy word my Dolfyn
Dolfyn, Dolfyn,
Jy's my meds vir die pyn,
my stand up comedy
as my glimlag begin te kwyn
My wegkruipplek as my moed begin te daal
en as ek kop verloor is jy die een wat my varkies vir my gaan haal
Wat jy als vir my beteken
los my dikwels heel verstom
Jou maniere, jou vriendskap
sal maak dat ek altyd terug wil kom
vir nog 'n koffie
nog 'n kuier
tot laat in die nag
nog 'n movie
nog gesels en
nog baie lekker lag!
Dolfyn, Dolfyn,
yster en satyn
onder daai harde skil
is jou hartjie eintlik klein
Jy's my persoonlike canvas
my persoonlike lyfwag
ek's jou sielkundige
jou mal vriendin
Wat wil kom kuier elke dag
Met 'n koffie in die hand
en die son wat verdwyn
sit ons op die stoep
terwyl die daglig wegkwyn
Dan vertel jy nog 'n storie
en ons albei begin te lag-
hierdie is herinneringe
wat ek bêre vir my oudag...
Sondag 03 Desember 2017
Harts-taal
`n see van emosies
opgesluit in `n taal
`n woud vol herinneringe
wat die struktuur bepaal
windrigtings van verbeelding
vir `n woordeskat so ryk
die vuur van vrouwees
as alfabet gebruik!
soos eksotiese linne
in my siel ingeweef
met `n patroon wat ontwikkel
soos wat ek leef
goue drade van passie met vuur gedoop
tussen rooi drade van liefde
en blou drade van hoop.
die sintaksisbos se takke
sal my lewenspad aanwys
sy sade en vrugte
padkos vir die reis
die blare is geleenthede
om na die sterre te reik!
sy wortels sal keer
dat my waardes my ontwyk
`n kosbare skat
van ongekende waarde
enig in sy soort op die hele ganse aarde
`n persoonlike kompas in my hart geleë
wat aan my verbeelding
vrye teuels gee!
letters. woorde. sinne.
`n onblusbare vuur wat brand
in my hart, siel en gees
my persoonlikheid en verstand
iets wat ek nooit teen sal stry-
die stem van die vrou binne my...
opgesluit in `n taal
`n woud vol herinneringe
wat die struktuur bepaal
windrigtings van verbeelding
vir `n woordeskat so ryk
die vuur van vrouwees
as alfabet gebruik!
soos eksotiese linne
in my siel ingeweef
met `n patroon wat ontwikkel
soos wat ek leef
goue drade van passie met vuur gedoop
tussen rooi drade van liefde
en blou drade van hoop.
die sintaksisbos se takke
sal my lewenspad aanwys
sy sade en vrugte
padkos vir die reis
die blare is geleenthede
om na die sterre te reik!
sy wortels sal keer
dat my waardes my ontwyk
`n kosbare skat
van ongekende waarde
enig in sy soort op die hele ganse aarde
`n persoonlike kompas in my hart geleë
wat aan my verbeelding
vrye teuels gee!
letters. woorde. sinne.
`n onblusbare vuur wat brand
in my hart, siel en gees
my persoonlikheid en verstand
iets wat ek nooit teen sal stry-
die stem van die vrou binne my...
Vrydag 01 Desember 2017
Hole in one
Grrrs-grrrs-grrrs
'n sagte murmurering
trek deur die skare.
Asem in.
Asem uit.
De-doef.
Lug grou,
gras vol dou
Vroegoggend briesie…
Asem in.
Asem uit.
De-doef. De-doef.
Bokmakierie! Bokmakierie!
Kriek-kriek… Kriek-kriek…
Voetjie-voetjie
Haak wysvinger en pinkie
knieë net effens gebuig
Asem in.
Asem uit.
De-doef, de-doef,
Koer-koer… Koer-koer
Twiek-twiek-twiek-twiek
Stilte.
De-doef-de-doef
Oë gefokus.
Skare stil.
Die oomblik het aangebreek.
Asem in.
De-doef-de-doef de-doef
Swooooooeeeeesssss!!!
Kliep.
Donk.
Asem uit.
De-doef, de-doef,
Bokmakierie! Bokmakierie!
Kriek-kriek… Kriek-kriek…
Koer-koer...koer-koer...
Twiek-twiek-twiek-twiek
Asem in.
Asem uit.
De-doef. De-doef.
En die skare juig!
Asem in.
Asem uit.
De-doef.
Grrrs-grrrs-grrrs…
'n sagte murmurering
trek deur die skare.
Asem in.
Asem uit.
De-doef.
Lug grou,
gras vol dou
Vroegoggend briesie…
Asem in.
Asem uit.
De-doef. De-doef.
Bokmakierie! Bokmakierie!
Kriek-kriek… Kriek-kriek…
Voetjie-voetjie
Haak wysvinger en pinkie
knieë net effens gebuig
Asem in.
Asem uit.
De-doef, de-doef,
Koer-koer… Koer-koer
Twiek-twiek-twiek-twiek
Stilte.
De-doef-de-doef
Oë gefokus.
Skare stil.
Die oomblik het aangebreek.
Asem in.
De-doef-de-doef de-doef
Swooooooeeeeesssss!!!
Kliep.
Donk.
Asem uit.
De-doef, de-doef,
Bokmakierie! Bokmakierie!
Kriek-kriek… Kriek-kriek…
Koer-koer...koer-koer...
Twiek-twiek-twiek-twiek
Asem in.
Asem uit.
De-doef. De-doef.
En die skare juig!
Asem in.
Asem uit.
De-doef.
Grrrs-grrrs-grrrs…
Tango
Ek dans hierdie dans
meegesleur in emosie
vat ek 'n kans
en laat hom toe
om my te lei
op tempo
in pas
op 'n loopgang.
Vingers saamgevleg
lei hy die weg
en ek volg,
oë toe,
maar nie blindelings nie.
Sy hand op my rug
-onmoontlik om te vlug-
verseker van hom.
Veilig by hom?
So word ons deur
die musiek gedra -
tree vir tree
maak ons die dans klaar
op tempo
in pas
op 'n loopgang.
Jy dans met haar
en draai by ons verby
ons oë sluit
en vir 'n oomblik
dans ek met jou
en jy dans met my
op 'n afstand
veilig
stil
-'n gesteelde oomblik
wat 'n honger leemte vul-
jy kyk weg.
Sy asem speel in my nek
sy hartklop word een
met myne.
Jy dans met haar.
Ek is syne
en ons dans tot op die einde
op tempo
in pas
op 'n loopgang.
meegesleur in emosie
vat ek 'n kans
en laat hom toe
om my te lei
op tempo
in pas
op 'n loopgang.
Vingers saamgevleg
lei hy die weg
en ek volg,
oë toe,
maar nie blindelings nie.
Sy hand op my rug
-onmoontlik om te vlug-
verseker van hom.
Veilig by hom?
So word ons deur
die musiek gedra -
tree vir tree
maak ons die dans klaar
op tempo
in pas
op 'n loopgang.
Jy dans met haar
en draai by ons verby
ons oë sluit
en vir 'n oomblik
dans ek met jou
en jy dans met my
op 'n afstand
veilig
stil
-'n gesteelde oomblik
wat 'n honger leemte vul-
jy kyk weg.
Sy asem speel in my nek
sy hartklop word een
met myne.
Jy dans met haar.
Ek is syne
en ons dans tot op die einde
op tempo
in pas
op 'n loopgang.
Woensdag 03 Mei 2017
Eva
Vanaand sit ek, Eva,
voor my vriend van ivoor en snaar.
Ek wil speel, ek wil skep,
maar die wysie is net nie daar.
Pen en papier lê eenkant vergete -
die woorde bly afwesig...
Voor my venster staan ek, Eva,
in die middernagtelike ure
en soek vertroosting in koffie bitter, swart
maar vanaand vind ek die bekoring
gelykstaande
aan dié van my vier kaal mure -
ek voel 'n leemte...
Op en af stap ek, Eva,
soekend na iets na niks
versigtig om die spieël te vermy
want in hom ontbloot 'n broeiende blik
bestand teen logika en sin
gevaarlik,
'n protes teen die onrus...
Hier lê ek, Eva,
die plafon lyk bleek
en die ertjie steek tussen my blaaie
Rus is waar jou hart is
en vanaand, liewe Eva,
loop jou hart vreemde draaie.
Woensdag 29 Maart 2017
Trots
Naïef en onskuldig
afwagting in die lug
swart jas en stilettos blink
Breëbors-trots. Die kleur was kaneel
(ek dink) toe swaai die lewe:
'n rottejag gestrewe
na 'n sperdatum wat dreigend nader
terwyl ek hygend, verblind,
soekend
deur die brand rondtas en
na die breëbors-trots hunker.
My wynrooi band verpas
vir agt glimlaggies, lemoene, son en sweet
- 'n warmbors-trots -
en ek weet
Ek weet die mooiste rosie
kort water om te groei.
Die mooiste rosie kan net blom
as die tuinier haarself bemoei.
Etikette:
gradeplegtigheid,
juffrou,
netbal,
poësie,
trots
Ligging:
Komatipoort, South Africa
Woensdag 22 Maart 2017
Floukoppie van Rensburg
Kalfyn, Kalfyn
versoekingsfontein
Totius het gesien
hoe ek my bynaam verdien
toe die dames met styl
speel in die water
so vuil...
Kalfyn stel 'n wip -
my voete het geglip!
My maermerrie gesny
en steke gekry.
Almal het geskrik
vir my slegte geluk
Maar toe ek bloed sien,
het ek my bynaam verdien.
Kalfyn, Kalfyn
versoekingsfontein
Gebind, jy en ek...
Die PUK bly tog 'n lekker plek!
Ligging:
Potchefstroom, South Africa
Sondag 22 Januarie 2017
Lappop -letsels
'n stukkie lap sleep in die sand;
my hart is gebroke -
die stukkies glas
verinneweer
my fyngewerkte some
Elke keer as ek val
vat die opstaan net langer
vuil watte en ou gare
merk my spoor –
verlore verwerpte drome
van onskuldige naïewe jare
Strompel uit teen die berge
vir die soveelste maal
op hierdie bekende pad
en steeds voel ek so verdwaal
Op my verweerde knieë
met gevlekte hande
ruk uit die skerwe
verstrengel in my flarde
woordelose pleidooie bloei
roos kraal-ogies swart
met die leegheid bemoei…
Dan vind ek kamma-rus in geveinsde sielstilte
prop in my gapende borskasholte 'n stuk rots
stop die gate, werk toe die nate
Staan op, kyk op
en dra hierdie letsels met trots.
Dinsdag 17 Januarie 2017
Wanderlust
ʼn Stukkie van hart trek
na geïsoleerde strande wit en golwe blou
anderkant Suid-Afrikaanse grense
met my snaarmelodieë wat langs kampvuur
onder sterrehemel na hartewense
vloei
ʼn stukkie van my hart trek
na die laataand miernes wat onder straatliggies ontvou
met kwas en rooi verf en goeie musiek
en gemaklike skoene ʼn wandeling sonder bestemming
twee siele wat saam, onbewus van die publiek,
groei
ʼn stukkie van my hart trek
na bosveldklanke en oggenddou
speel onder watervalstrome
met vriende-klets en -skater
en onder immergroen bome
stoei
ʼn stukkie van my hart trek
na kaggelvuur in die winterkou’
gesin-samesyn en warm sjokolade
en ligte oomblikke en hartsake oor ʼn pak kaarte
en sommer die alledaagse eskapades
waarmee ons onsself
bemoei
ʼn stukkie van my hart…
na geïsoleerde strande wit en golwe blou
anderkant Suid-Afrikaanse grense
met my snaarmelodieë wat langs kampvuur
onder sterrehemel na hartewense
vloei
ʼn stukkie van my hart trek
na die laataand miernes wat onder straatliggies ontvou
met kwas en rooi verf en goeie musiek
en gemaklike skoene ʼn wandeling sonder bestemming
twee siele wat saam, onbewus van die publiek,
groei
ʼn stukkie van my hart trek
na bosveldklanke en oggenddou
speel onder watervalstrome
met vriende-klets en -skater
en onder immergroen bome
stoei
ʼn stukkie van my hart trek
na kaggelvuur in die winterkou’
gesin-samesyn en warm sjokolade
en ligte oomblikke en hartsake oor ʼn pak kaarte
en sommer die alledaagse eskapades
waarmee ons onsself
bemoei
ʼn stukkie van my hart…
Etikette:
'n stukkie van my hart,
gesin,
hartsake,
liefde,
poësie,
vriendskap
Maandag 09 Januarie 2017
'n gevoel
Ek wil vir jou die mag gee
om my vlinder- en blinkerhart
stukkie-stukkie te ontbloot
van sy gelapte flenterskil
en die lont spontaan te laat vlamvat
met die vuur in jou oë
totdat my hart se donkerste kuile
soos vuurwerke in 'n euforiese skouspel
in die atmosfeer uitbrand
sodat ek terug kan sweef
en my kop op jou borskas rus
waar jou hartklop een word
met myne
om my vlinder- en blinkerhart
stukkie-stukkie te ontbloot
van sy gelapte flenterskil
en die lont spontaan te laat vlamvat
met die vuur in jou oë
totdat my hart se donkerste kuile
soos vuurwerke in 'n euforiese skouspel
in die atmosfeer uitbrand
sodat ek terug kan sweef
en my kop op jou borskas rus
waar jou hartklop een word
met myne
Etikette:
hartsake,
liefdesgedig,
poësie,
vuurwerke
Teken in op:
Plasings (Atom)