Wys tans plasings met die etiket resep. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket resep. Wys alle plasings

Donderdag 09 Junie 2016

Piesang en Grondboontjiebotter smoothie


Vir hierdie resep het jy 'n blender nodig
1 Porsie

Bestandele


  • 1 piesang
  • 1 eetlepel grondboontjiebotter
  • 4 eetlepels joghurt 
  • 60ml melk
  • mespunt kaneel

Metode

  1. Gooi al die bestandele saam
  2. Blend totdat die piesang fyn is en die grondboontjiebotter mooi ingemeng het
  3. Hou dit koud totdat dit bedien word.
Minder melk en meer joghurt sal 'n meer 
romerige smoothie tot gevolg hê.


Woensdag 25 Mei 2016

Sjokoladekoek

'n Lekker sjokoladekoek is altyd 'n treffer... In ons huis word twee op 'n slag gebak: een vir Boeta en een vir die res!

Bestandele:

Koek

  • 125g sagte margarine
  • 2 teelepels vanilla
  • 1 ½ koppie strooisuiker (castor sugar)
  • 3 groot eiers
  • ½ koppie kakao
  • ½ koppie warm water
  • ½ koppie warm melk
  • 2 koppies koekmeel
  • 2 teelepels kremetart (cream of tartar)
  • 1 teelepel koeksoda (bicarbonate of soda)
  • ½ teelepel sout


Ganache

  • 4 bar ones in klein stukkies gesny
  • 30ml goue stroop
  • 60ml room
  • 15ml margarine


Versiering

  •      Kersies of
  •      Room geklits of
  •      1 flake of
  •      Chocolate sprinkles


Metode:

Koek

  1. Voorverhit die oond tot op 190°C
  2. Room die botter tot sag
  3. Voeg die vanilla by
  4. Hou aan met roer terwyl jy die suiker stadig byvoeg
  5. Klits die eiers een op ‘n slag by
  6. Los die kakao op in die warm water en voeg die warm melk by. Sit eenkant en laat afkoel
  7. Sif die droë bestandele saam
  8. Voeg die droë mengsel by die eiermengsel en klits goed deur
  9. Voeg die kakao-mengsel by die eiermengsel en klits goed deur
  10. Smeer koekpan
  11. Gooi deeg in pan en maak seker dat daar geen borrels is nie
  12. Bak vir 35-40min tot gaar

Ganache

  1. Gooi al die bestandele in ‘n swaarbodempot
  2. Bring tot kookpunt
  3. Sodra die sjokolade gesmelt is, kan jy dit van die hitte verwyder
  4. Gooi stadig oor die koek – die mengsel stol oornag


Versiering

  •      Gebruik een van die boonste voorstelle of jou eie =)


Raklewe onbekend: daar het nog nooit 'n stukkie oorgebly om te toets nie!

Vrydag 13 Mei 2016

Pers Pasta

... Wyn maak alles lekkerder...

Vir 4-6 mense

Bestandele

  • 400g droë pasta
  • 500g maalvleis
  • 250g gekapte sampioene
  • 1 koppie rooiwyn
  • 1 teelepel roosmaryn
  • sout en peper na smaak

Metode

  1. Maak pasta soos gewoonlik...
  2. Braai die maalvleis tot gaar in bietjie olie met sout en peper na smaak.
  3. Skep die maalvleis uit en braai die sampioene tot gaar.
  4. Voeg die maalvleis weer terug by die sampioene.
  5. Gooi die rooiwyn en roosmaryn by. Meer rooiwyn en roosmaryn maak die vleis ryker en vice versa.
  6. Laat die wyn toe om weg te kook.

Variasies

  • Vervang die maalvleis met steak. Maak dan slegs 'n sous van die sampioene en rooiwyn. Moenie toelaat dat al die sous wegkook nie. Gooi bo-oor die steak.
  • Gebruik blokkies/repies vleis.



Woensdag 04 Mei 2016

Spinasie pizza

Want party groentes het so bietjie ekstra hulp nodig om eetbaar te wees...
4-6 mense

Bestandele:

  • 2 koppies bruismeel
  • 1 koppie plain yoghurt
  • bondel gesnipperde spinasie
  • 250g gekapte sampioene
  • 5-10 kersie tamaties
  • sout na smaak
  • 2 knippies sweet basil
  • 1 ring feta
  • omtrent 15ml olie om in te braai
  • tamatiesous
Metode:
  1. Voorverhit die oond tot op 180 grade Celsius.
  2. Meng die bruismeel en yoghurt totdat dit 'n sagte deeg vorm.
    1. Meel op die hande sal voorkom dat die deeg aan jou hande vassit.
    2. As daar nog meel oor is in die bak, voeg nog so bietjie yoghurt by.
    3. as dit loperig is, voeg nog so bietjie meel by.
  3. Rol die deeg uit in 'n gesmeerde pan.
  4. Smeer 'n dun lagie tamatiesous oor die deeg en sit eenkant.

  1. Verhit die olie in 'n braaipan.
  2. Braai die sampioene totdat dit begin verkleur.
  3. Voeg die spinasie by en braai totdat dit gaar is.
  4. Gooi sout en sweet basil by.
  5. Voeg kersie tamaties by.
  6. Hou die pan net lank genoeg op die stoof sodat die tamaties warm word.
  7. Skep die mengsel bo-op die deeg.
  8. Bak in die oond vir so 30min of totdat die deeg gaar is.
  9. Sprinkel feta bo-oor.
Variasies:
  • Voeg gaar eiergeel by.
  • Sit die spinasiemengsel in 'n omelet.
  • Voeg gerasperde cheddar en mozzarella kaas by in plaas van feta.