... Wyn maak alles lekkerder...
Vir 4-6 mense
Bestandele
- 400g droƫ pasta
- 500g maalvleis
- 250g gekapte sampioene
- 1 koppie rooiwyn
- 1 teelepel roosmaryn
- sout en peper na smaak
Metode
- Maak pasta soos gewoonlik...
- Braai die maalvleis tot gaar in bietjie olie met sout en peper na smaak.
- Skep die maalvleis uit en braai die sampioene tot gaar.
- Voeg die maalvleis weer terug by die sampioene.
- Gooi die rooiwyn en roosmaryn by. Meer rooiwyn en roosmaryn maak die vleis ryker en vice versa.
- Laat die wyn toe om weg te kook.
Variasies
- Vervang die maalvleis met steak. Maak dan slegs 'n sous van die sampioene en rooiwyn. Moenie toelaat dat al die sous wegkook nie. Gooi bo-oor die steak.
- Gebruik blokkies/repies vleis.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking