Maandag 31 Oktober 2016
Terug koshuis toe
Kilometers snel verby
Maar my hart het agtergebly
Daar waar die son oor die berge vir my loer
Daar waar die beeste
in die goud-gras boer
Daar waar die hane vroegdag kraai
Daar waar my hartsmense staan en totsiens waai
Jou huis is waar jou hart is...
Ligging:
Lydenburg, South Africa
Sondag 23 Oktober 2016
Juffrou Martha is getrou
Hierdie is nou nie 'n oorspronklike staaltjie nie, maar so 'n kosbare storie dat ek net moes deel: Ek weet nie wie die oorspronklike karakters is nie, maar indien ek op tone trap bied ek maar byvoorbaat verskoning aan asook die waarborg om hierdie plasing te verwyder...
'n Klompie dekades terug was intercoms die nuutste tegnologiese trend wat by skole posgevat het. Die een skool na die ander het kommunikasiekanale oopgemaak direk vanaf die klas na die kantoor en andersom. Die oggend tydens die personeelvergadering kondig mnr. Vos aan dat hy gedurende die dag via die nuut geïnstalleerde intercoms met elke onderwyser gaan praat om te toets dat al die intercoms in albei rigtings werk.
Die dag het sy normale gang gegaan, Juffrou Martha het haar klasse aangebied soos gewoonlik. Wat wel bietjie anders was as gewoonlik, is dat Juffrou Martha 'n student gehad het wat by haar gekuier het. Juffrou Paulina het Juffrou Martha, wat naby aftree-ouderdom was, se kennis en ervaring ingesuig soos 'n spons en Juffrou Martha was gretig om die jong studente-juffroutjie tot die beste van haar vermoë voor te berei vir die onderwys.
Die middag laat sit die twee dames in die klas en gesels oor Wiskunde, dissipline en die onderwys in die algemeen. Skielik onderbreek 'n diep mansstem die ouer dame. "Juffrou Martha, kan jy my hoor?" Juffrou Martha bly stil en draai haar kop effens skuins om te luister. Die hoendervleis slaan uit op haar arms. Grootoog Juffrou Paulina wag in spanning dat Juffrou Martha moet antwoord, maar na 'n paar oomblikke van stilte maak Juffrou Martha net haar sin klaar. Juffrou Paulina gaan maar, uit ordentlikheid, aan met die geprek en sê niks oor die vreemde onderbreking nie.
'n Paar minute gaan verby. Juffrou Martha het net begin om dissipline vir Juffrou Paulina te verduidelik, toe die diep mansstem haar weer in die rede val. "Juffrou Martha, kan jy my hoor?" Juffrou Martha se oë rek, sy draai haar kop skuins om te luister, maar sy sê niks nie. Juffrou Paulina sê ook maar niks nie. Die gesprek oor dissipline gaan aan, maar nie met dieselfde vlotheid as vroeër nie. Skielik kom die stem weer, hierdie keer bietjie meer ongeduldig.
"Juffrou. Martha. Kan. Jy. My. Hoor??"
Die volgende oomblik vlieg 'n statige ou dame uit haar stoel uit dat die stoel sommer so oor die vloer skiet. Langs haar tafel val sy op haar knieë neer, hande in die lug, trane wat oor die ou verrimpelde gesiggie loop.
"Hier's ek, Here, U getroue dienaar luister, praat met my!"
Daar heers 'n paar oomblikke van stilte. Juffrou Paulina staan op en stap na die intercom toe. Sy druk die rooi knoppie. "Dis Juffrou Paulina hier, ons kan Meneer hoor."
"Reg so Juffrou, geniet julle middag verder."
Blykbaar het Juffrou Paulina die verwarde Juffrou Martha eers van die vloer af opgehelp en gewag totdat hulle mekaar gegroet het voordat sy uitgebars het van die lag. Wie sal nou weet wat het werklik gebeur buiten vir die twee dames wat daar was daardie dag? Was ek maar 'n vlieg teen die muur!
Tot volgende keer...

Maandag 17 Oktober 2016
Vir Ma: Volstruis!
Daar's geen beter medisyne
as mamma-liefde nie
en geen lekkerder kos
as mamma-kos nie
geen beter beskerm
as mamma-gebede
as mamma-liefde nie
en geen lekkerder kos
as mamma-kos nie
geen beter beskerm
as mamma-gebede
geen groter ontferming
as 'n mamma-hart nie
as 'n mamma-hart nie
Ek onthou nog al die lessies
wat mamma my geleer het
'n stoof se plaat is warm
en 'n spinnekop van die bose
Wysheid kom eers nadat
ervaring gebeur het
en koki's teen die mure het 'n pantoffel tot gevolg...
Volstruis, volstruis!
as sy skree
sy sien vir Christian Gray
Volstruis, Volstruis!
as sy my trouman uitwys
my ma is anders;
enig in haar soort
sy's stout en prim en proper
ek kan haar nie verwoord
sy's my gunsteling fight
maar dit is hoe dit hoort
sy's my vertroueling
my beste vriendin
my ma.
as sy skree
sy sien vir Christian Gray
Volstruis, Volstruis!
as sy my trouman uitwys
my ma is anders;
enig in haar soort
sy's stout en prim en proper
ek kan haar nie verwoord
sy's my gunsteling fight
maar dit is hoe dit hoort
sy's my vertroueling
my beste vriendin
my ma.
Met 'n hart van goud
en silwer op die wortels
en gewoontes van ouma
wat myne word ook
met die beste staaltjies
kombuis-verhaaltjies -
en silwer op die wortels
en gewoontes van ouma
wat myne word ook
met die beste staaltjies
kombuis-verhaaltjies -
Mocktails is net so goed soos cocktails
as die waiter kook...
as die waiter kook...
Ons kan dalk hard baklei
maar ons kan ook lekker kuier
ek het soveel om te leer
maar ek sal dit nooit erken
nou maak ek ma se wysheid
skelmpies my eie -
Edelseuns is oulik,
maar ydelseuns vry die lekkerste.
Edelseuns is oulik, maar ydelseuns....
Volstruis, volstruis!
as sy skree
sy sien vir Christian Gray
as sy skree
sy sien vir Christian Gray
Volstruis, Volstruis!
as sy my trouman uitwys
my ma is anders;
enig in haar soort
sy's stout en prim en proper
ek kan haar nie verwoord
sy's my gunsteling fight
maar dit is hoe dit hoort
sy's my vertroueling
my beste vriendin
my ma.
Sy's my vertroueling
My beste vriendin
My ma.
Wurg hom Durkie, wurg hom!
Etikette:
baklei,
Christian Gray,
dogter,
ma,
mamma,
prim en proper,
spinnekoppe,
stout,
verhouding,
volstruis,
ydelseuns
Maandag 10 Oktober 2016
Inkhukhu koop is not for sussies
Dit gebeur baie dat mense soms bymekaar verby
leef, al woon die betrokke partye onder dieselfde dak. Jou beroep en
omstandighede bepaal die tipe ervarings wat jy, na ‘n rukkie, as normaal
beskou. Tog kan dit wat vir jou normaal is, iets heeltemal buitengewoon wees
vir selfs die mense wat die naaste aan jou is.
Vandag se storie begin op die oggend van die laaste dag van die skoolkwartaal en vir die eerste keer in 'n lang tyd is die gesin weer voltallig. Ma, Pa en Sakkelaan is by die skool tot 10h00 toe en die twee sussies slaap die roes af by die huis. Nie een van die selfone is aan nie, so toe die skoolgangers so net voor elf in die huis in stap, is sekere van ons nog in pajamas...
Mamma het probeer om ons te laat weet, maar die boodskap is nooit gelees nie. Pappa moet kringkantoor toe gaan vir papierwerk en dit sal vir hom baie beteken as ons saamgaan. Ek het 'n sê-ding waaraan my hartsmense my ken... As die wiele draai: Ek gat saam!
Binne 5min is die pajamas in die wasgoedmandjie en, vol geselsies en grappies, maak die vyf van ons ons tuis in Catriva, soos wat Ouma die Captiva noem. Nie ek of Kleinsus het ontbyt geëet nie en ter wille van sekere mense sal ek maar net my eie outfit beskryf: 'n groen rugbytrui en yogapants, hare in 'n los bolla en nul grimering. Ons gaan mos net saamry, nie uitklim nie...
Kamhlushwa is 'n redelike entjie vanaf Malelane, in die rigting van die Swazilandgrens. Pappa, in sy hoedanigheid as skoolhoof, ry die pad seker elke tweede dag, so vandag gebruik hy die geleentheid om 'n stukkie van sy wêreld vir ons te wys.

Mamma het so rukkie terug die idee gekry dat sy met Nguni-hoenders wil begin boer sodat sy kan kers-opsteek by die manne. Soos wat ons deur die township ry, skree sy net so elke nou en dan, "Kyk daai hoender!!". Dan ruk ons ons almal ons nekke af want Pappa ry nie teen 'n slakkepas nie. Bygesê, elke keer wat sy gegil het, was dit tog die moeite werd gewees om te kyk. In die middel van die township begin die sports toe "Kyk daai hoender!" vervang word met "STOP!!" Pappa stop. Mamma het 'n hen gesien waarvan sy hou, Pappa moet reverse. Hy sien nie die twee siele links agter Catriva nie en stoot hulle amper uit die pad uit. Ons smile maar net breed en waai vriendelik. Ek en Pappa klim vol bravade uit, ons gaan nou onderhandel!
Dis warm. Ons bekruip die
shack amper, daar kleef ‘n vreemde reukie aan die erf. Die dame lyk amper
vriendelik totdat sy hoor ons wil hoenders koop. Sy stuur ons dieper in die
township in. Pappa stap na die huisie waar daar moontlik hoenders te koop kan wees en ek gaan vir Mamma-hulle haal. Soos ‘n kriek wat voor die ossewa uithardloop, wys ek vir Catriva die pad. Die amper-wit stofpad is meer rybaar as baie teerpaaie waarmee ek al kennis gemaak het.
Ons stop voor die huisie, dis netjies en verbasend skoon. Die omgewing is rustig, so asof tyd nie bestaan nie. Die grootpad klink ook maar ver. Daar is nie baie beweging om ons nie, al wat jy hoor is voëltjies en so hier en daar 'n hoender. Nie een hulle praat Afrikaans of Engels nie, ons moet wag vir iemand wat kan vertaal. Die jong seun bring vir ons plastiese stoele en ons gaan sit. Ons gesels oor die lewe en die kulture en oor Afrika in ons eie taal. Ons gasvrou en haar gesin gesels saggies in hulle taal terwyl hulle rustig hulle pap verder eet. 'n Uitgehongerde brak met Windhondbloed drentel in die straat af. Oorkant die straat speel daar orrelpypies onder die boom. Daar staan 'n mooi spieëlkas op die stoep. Stelselmatig word Afrika-tyd 'n realiteit.
Eventueel kom daar iemand wat ons taal verstaan. die onderhandeling is onsuksesvol, daar was vroeër 'n siekte onder die hoenders en die hennetjies is nie te koop nie. Ons klim terug in die lugverkoelde voertuig, die stilte hang in die kar ook. Catriva se neus draai pad se kant toe. Die mense langs die pad waai, ons waai terug. Mamma druk 'n muntstuk in een van die kleintjies se hande in. Pappa weet darem in watter rigting ons moet ry, want as dit van my afgehang het, het ons nooit daar uitgekom nie. Pappa het net so begin spoed vang, hoor ons net, "STOP! Ek soek daai enetjie!" Pappa rol sy oë en glimlag. Ons giggel. Pappa doen nie moeite om stadiger te ry nie.

“Lief,
dis dieselfde hoender as nou-nou wat nie te koop is nie, ons is net aan die
ander kant van die shack.”
Dik van die lag stop ons by die kringkantore.
Pappa is seker vir ‘n volle twee minute daar voordat hy uitkom en sy werk is vir eers afgehandel. Oppad terug, besluit Pappa hy wil vir ons Elangeni-Lodge gaan wys
op die Jeppes Reef-pad. Dis nou die plek waar al die deftige funksies gehou
word waarheen hy so gereeld moet gaan. Ek is eers skrikkerig om uit te klim, my outfit is nou nie juis gepas vir 'n drankie by 'n deftige lodge nie!Ons
stap verby ‘n dammetjie met die mooiste wit en pers waterlelies, die bruggie is
so bietjie lendelam. Die volgende oomblik gil my ma asof haar lewe daarvan
afhang; daar is blykbaar ‘n likkewaan op die brug! Die res van ons is net betyds om ‘n
akkedis so groot sy my hand onder die trappie in te sien verdwyn...
By die kroeg, stormloop sy die eetarea binne
toe sy ‘n trappie mistrap. Teen hierdie tyd is ons almal se maagspiere al seer
gelag. Pappa maak sommer vinnig-vinnig die kroegman bymekaar en bestel ons drankies. Net toe ons rustig raak, gil Mamma, “Kyk daai
mooi hoenders!” Dit is werklike mooi hoenders, dit lyk soos die hane wat op
kombuisblikke verskyn. Sy vra vir die kroegman of sy ‘n hoender kan koop. Die kroegman
antwoord dat hoenders net vroeg in die oggend of laat in die aand bestel kan
word. “But I want it alive!” Die kroegman is stilverbaas. Hy sê hy sal gou
iemand gaan kry om die hoender te vang, dis R120. Nie te lank nie, toe kom die
man met so vaal hennetjie daar aan. Tot ons almal se vermaak, laat die Engelse
juffrou se Engels haar in die steek toe sy nie “rooster” kan onthou nie en sy
nie vir ‘n man wil sê dat sy soek ‘n “cock” nie. Wat raak sy toe kwyt?
“Oh, no! I want the cock-one!”
Ons wil onsself doodlag. So tussendeur besef
ons dat onder die vyf van ons, het ons nie genoeg kontant vir die hoender nie.
Pappa onderhandel met die kroegman sodat hy kan swipe vir die hoender saam met
die drankies. Eventueel kom die man met my ma se cock-one daar aan. Die strokie
lyk heel interessant:
Single Whiskey & Water
Spiced Gold & Sprite
Spiced Gold & Coke
Passionfruit lemonade & Cane
Coke
Inkhukhu
TOTAL
En daar sit ons. Op ‘n nugter maag: Phiskey en
pater in die een hand en my ma se cock-one in die ander, rustig by Elangeni
Lodge terwyl Roxette oor die speakers die stilte verbreek.
Soms is dit nodig om net so bietjie weg te
breek uit jou gemaksone uit en om die wêreld van die mense wat naby aan jou is
te beleef. Dit bring ‘n anderste perspektief op die lewe. Avontuur kom vir die
wat oop is vir vreemde ervarings. En hoenders kom vir die wat ver genoeg gaan
soek!
Tot volgende keer...
Etikette:
Elangeni Lodge,
Hoender,
kulture,
staaltjie,
township
Ligging:
Kamhlushwa, South Africa
Maandag 03 Oktober 2016
Pappa...
In stille afwagting het
pappa-hulle probeer beplan
gewonder hoe ek sou wees
enigmaties?
gewonder hoe ek sou wees
enigmaties?
babadogtertjie, klein en fyn
peuter en kleuter
kind, rebelse tiener
elke treetjie saam my gestap
berispe, gekoester, geleer
liefde altyd gegee -
dit was wonderlike wondere
onthou pappa nog?
weet en nie weet
se wonder
Jare se trane en lag
mamma my middelpunt
pappa my anker, as en dryfveer
wie my blinkoog drome
stukkie-stukkie waar laat word
wat nog altyd
wag en wonder
op en oor my...
Teken in op:
Plasings (Atom)