Hierdie is nou nie 'n oorspronklike staaltjie nie, maar so 'n kosbare storie dat ek net moes deel: Ek weet nie wie die oorspronklike karakters is nie, maar indien ek op tone trap bied ek maar byvoorbaat verskoning aan asook die waarborg om hierdie plasing te verwyder...
'n Klompie dekades terug was intercoms die nuutste tegnologiese trend wat by skole posgevat het. Die een skool na die ander het kommunikasiekanale oopgemaak direk vanaf die klas na die kantoor en andersom. Die oggend tydens die personeelvergadering kondig mnr. Vos aan dat hy gedurende die dag via die nuut geïnstalleerde intercoms met elke onderwyser gaan praat om te toets dat al die intercoms in albei rigtings werk.
Die dag het sy normale gang gegaan, Juffrou Martha het haar klasse aangebied soos gewoonlik. Wat wel bietjie anders was as gewoonlik, is dat Juffrou Martha 'n student gehad het wat by haar gekuier het. Juffrou Paulina het Juffrou Martha, wat naby aftree-ouderdom was, se kennis en ervaring ingesuig soos 'n spons en Juffrou Martha was gretig om die jong studente-juffroutjie tot die beste van haar vermoë voor te berei vir die onderwys.
Die middag laat sit die twee dames in die klas en gesels oor Wiskunde, dissipline en die onderwys in die algemeen. Skielik onderbreek 'n diep mansstem die ouer dame. "Juffrou Martha, kan jy my hoor?" Juffrou Martha bly stil en draai haar kop effens skuins om te luister. Die hoendervleis slaan uit op haar arms. Grootoog Juffrou Paulina wag in spanning dat Juffrou Martha moet antwoord, maar na 'n paar oomblikke van stilte maak Juffrou Martha net haar sin klaar. Juffrou Paulina gaan maar, uit ordentlikheid, aan met die geprek en sê niks oor die vreemde onderbreking nie.
'n Paar minute gaan verby. Juffrou Martha het net begin om dissipline vir Juffrou Paulina te verduidelik, toe die diep mansstem haar weer in die rede val. "Juffrou Martha, kan jy my hoor?" Juffrou Martha se oë rek, sy draai haar kop skuins om te luister, maar sy sê niks nie. Juffrou Paulina sê ook maar niks nie. Die gesprek oor dissipline gaan aan, maar nie met dieselfde vlotheid as vroeër nie. Skielik kom die stem weer, hierdie keer bietjie meer ongeduldig.
"Juffrou. Martha. Kan. Jy. My. Hoor??"
Die volgende oomblik vlieg 'n statige ou dame uit haar stoel uit dat die stoel sommer so oor die vloer skiet. Langs haar tafel val sy op haar knieë neer, hande in die lug, trane wat oor die ou verrimpelde gesiggie loop.
"Hier's ek, Here, U getroue dienaar luister, praat met my!"
Daar heers 'n paar oomblikke van stilte. Juffrou Paulina staan op en stap na die intercom toe. Sy druk die rooi knoppie. "Dis Juffrou Paulina hier, ons kan Meneer hoor."
"Reg so Juffrou, geniet julle middag verder."
Blykbaar het Juffrou Paulina die verwarde Juffrou Martha eers van die vloer af opgehelp en gewag totdat hulle mekaar gegroet het voordat sy uitgebars het van die lag. Wie sal nou weet wat het werklik gebeur buiten vir die twee dames wat daar was daardie dag? Was ek maar 'n vlieg teen die muur!
Tot volgende keer...
Wys tans plasings met die etiket geloof. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket geloof. Wys alle plasings
Sondag 23 Oktober 2016
Sondag 11 September 2016
Maar die Grootste Hiervan is die Liefde
'n Facebook status van 'n vriend het my bietjie laat
dink en ek kon net nie die rymwoorde vind om my gedagtes te verwoord nie...
"Wat die hart van seer is, loop die mond van leeg."
Soveel emosie opgesluit in presies elf woorde. Dis wyse woorde daardie: iets wat op ieder en elk van ons van toepassing is.
Elkeen van ons dra 'n bietjie seer saam met ons wat so diep weggesteek word, dat dit nie eers verwoord kan word nie. Die ding is net, as elkeen soveel seer met hom saamdra, hoekom steek ons dit dan weg agter maskers van valse geluk en voorspoed? Was 'n gedeelde smart nie maar nog altyd 'n halwe smart nie?
Aan die ander kant is alles maar 'n kwessie van siening. Ons hanterings-meganismes help dat die waters nooit te diep raak nie. Geloof het ons geleer dat alles gebeur met 'n doel en dat alles wat ons vandag moet deurmaak, ons sterker maak vir more.
Verder, as daar nie hartseer was nie, sou ons nie geweet het wat geluk is nie. As daar nie teenspoed was nie, sou ons nie voorspoed kon waardeer nie. As alles net maklik was, sou ons nooit die dryf gehad het om te werk vir 'n droom of ideaal nie. So, miskien is verwagtinge die oorsaak van alle seerkry, maar al wanneer ons verwagtinge skep is wanneer ons hoop het... En wat is ons sonder hoop?
'n Eenvoudige glimlag is genoeg om iemand se dag op te helder. Om iemand sterkte toe te wens, gee moed. Net die gedagte dat daar iemand is wat omgee, iemand wat jou sal ondersteun maak nie saak wat nie, is dikwels al wat nodig is om daardie ekstra treetjie te gee in (dalk 'n onbekende) rigting van sukses.
Ons hoef nie mekaar se seerkry te weet nie. Ons hoef nie vir die wêreld te vertel van alles wat byt en wat stukkend is nie. Wat ons wel moet doen is om mekaar lief te hê. Onvoorwaardelik. En ons moet vir mekaar bid; bid soos wat ons nog nooit voorheen gedoen het nie, want vandag, meer as ooit van te vore, het ons mekaar nodig. Ek dank Vader elke dag vir my hartsmense waar liefde en gebed onvoorwaardelik vloei.
Liefde wat vloei uit ons monde en ons dade kan 'n seer hart genees. 'n Hart wat genees is, het 'n getuienis om te lewer. Seer los ons leeg, maar dit gee plek sodat ons met liefde gevul kan word.
"Wat die hart van vol is, loop die mond van oor..."
Liefde oorwin alles. Liefde maak geloof maklik. Liefde gee hoop. Liefde genees.

Etikette:
gedeelde smart,
geloof,
hartsake,
hoop,
liefde
Sondag 01 Mei 2016
Glimlag, Vrou!
Vrou,
vesteek jou flenterhart
en glimlag vir jou geliefdes -
die los legkaartstukkies van
jou gebrokenheid
kan ander voltooi
weer af die vuurpyle
wat die wêreld vir jou gooi
Kyk verby die maskers
wat ander se rouheid bedek -
genees dit met `n moederlike aanraking
en vertroostende woord
op die regte tyd
en regte plek
Wandel in geloof,
nederig
pantser met liefde!
verdedig met jou hart -
vergeet altyddeur
van jou eie smart
Glimlag, Vrou!
Wees sterk en vol moed...
Teken in op:
Plasings (Atom)